top of page
Copy%20of%202_edited.png
2.png
Burgundy_Dahlia_FXR750.png

ons storie

Liefdesverhaal 1.jpg
Liefdesverhaal 2.jpg
Liefdesverhaal 3.jpg
Liefdesverhaal 4.jpg
Liefdesverhaal 5.jpg
Liefdesverhaal 6.jpg
Liefdesverhaal 7.jpg
Liefdesverhaal 8.jpg
Liefdesverhaal 10.jpg
Liefdesverhaal 11.jpg

Ané en Tjaardt was in verskillende laerskole en het mekaar toe in Hoërskool ontmoet, Tjaardt het met Ané begin gesels in 2012 (Graad 11), maar ons almal weet hoe hardegat Ané is, sy wou toe niks weet van Tjaardt nie. Die hoof strooimeisie en Tjaardt was baie goeie vriende en Alanda het middel 2013 vir Tjaardt oortuig om vir Ané matriekafskeid toe te vra. Sy het hom wel gewaarsku om nie met blomme by Ané se huis op te daag nie en dat roomys ‘n beter opsie sal wees. Tjaardt het geluister en die roomys gaan koop, in die roomys se lepel het hy ‘n briefie gesit wat vra “Matriekafskeid?”. Tipies Ané en haar liefde vir soetgoed, het die hele roomys geëet terwyl arme Tjaardt daar staan en wag dat sy die briefie moet sien. Dit het nie gebeur nie en Tjaardt moes toe maar sê “hoor hier kyk in die lepel”. Ané het die briefie gekry en “ja” gesê. Hulle het toe daar weer begin gesels en is in September 2013 saam Matriekafskeid toe. Op 8 Augustus 2013 was dit hulle “40 days” en dis ook waar hulle vir die eerste keer gesoen het. Tjaardt het van daar af aangeneem hulle is in ‘n verhouding, maar (hardegat) Ané het aan hom verduidelik dat dit nie so werk nie en Tjaardt het vir Ané presies ‘n jaar later (dat hy nie die anniversary vergeet nie) offisieël uitgevra. Hulle het in Mei 2017 saam ingetrek in Rustenburg en op Kersdag 2019 verloof geraak in Jeffreysbaai op die strand, net soos wat Ané dit wou hê.

Liefdesverhaal 12.jpg
Liefdesverhaal 13.jpg
Liefdesverhaal 14.jpg
Liefdesverhaal 15.jpg
Liefdesverhaal 17.jpg
bottom of page