top of page
2_edited.png
MvR(Low)(84).jpg
MvR(Low)(26).jpg
MvR(Low)(64).jpg
MvR(Low)(10).jpg
MvR(Low)(112).jpg

In Mei 2016 word hulle albei genooi na ‘n 21ste verjaardag in Bedford. Eers wou Pierre nie gaan nie – dis te ver. Elbé se beplanning was om vir ‘n uur te gaan omdat sy nog ‘n verjaardag moes bywoon. So het elkeen op die ou end gegaan (dankie tog!!) “Ons het nie dadelik gesels nie, let wel, want Pierre is tog so bietjie skaam”. Toe  Elbé na ‘n uur wou gaan, het Pierre se eerste woorde aan haar tevoorskyn gekom: “moenie nou gaan nie.” Elbé bly toe by haar woord en gaan toe (met die plan om terug te kom).

 

Elbé was toe weer terug na 21ste en net toe sy daar stop word haar deur oopgemaak, en wie is dit… Pierre. Hulle het ure lank gelag, gedans en buite gesit en gesels tot die tyd hulle weggedra het. Pierre het belowe om Elbé vir ontbyt te ‘stick’ die volgende oggend, maar Elbé het gedink dit is net praatjies. Net om ‘n paar uur later te sien Pierre staan voor haar deur. 

 

Die naweek daarop ry Pierre al die pad van Steytlerville na Bedford om vir Elbé te gaan kuier (nou nie meer te ver nie) en die naweek daarna pak Elbé weer die pad van Bedford na Steytlerville aan. Net voordat dit tyd is vir Elbé om Steytlerville se boeregemeenskap te ontmoet, vra Pierre haar om sy meisie te wees. Albei vat toe op 20 Mei 2016 die groot kans slegs twee weke na hul ontmoeting. “My ma het altyd gesê: Liefde kom soos ‘n groot maagseer”.

 

Intussen is daar maar ‘n lelike droogte in die Karoo, albei het vasgebyt en die langafstand verhouding aangepak en maak werk. Hulle het meer van mekaar te sien gekry toe Elbé Jansenville toe trek en dis toe dat die spottery begin “wanneer word die groot vraag gevra?” Pierre se antwoord was elke keer “wanneer die dam vol water is” (Let wel: die dam was teen die tyd al vir 19 jaar droog!)

​

2 Februarie 2019 breek daar ‘n haelstorm oor Steytlerville-distrik uit en (glo dit of nie) daarna was daar weer water in die dam. Een week en nog ‘n bietjie reën later was daar nóg water in die dam.

  

Op 24 Augustus 2019 het hulle beeste gaan soek wat in die berg loop, Elbé baie onbewus van Pierre se planne. “ In die wildskamp het ek op die dam se uitloop muurtjie gaan sit en Pierre het terug gehardloop bakkie toe om sy verkyker te kry, of so het hy vir my gesê. Toe hy terugkom het hy afgesak op een knie en my die groot vraag gevra. Ek het vir ‘n tydjie stil gebly, of eintlik gevries van skok en later besef ek moet seker antwoord, en my antwoord was ja, ja, ja, ja JA!!!”

bottom of page