top of page
aaa0db28bc611f38e24e8ebb8c52f1a6_resize.
aaa0db28bc611f38e24e8ebb8c52f1a6_resize.
_DSC8361-2.JPG

Die eerste ontmoeting:

Ons paadjies het baie lank terug vir die 1ste keer gekruis deur gemeenskaplike vriende, toe ons nog op skool was. 'n Skoolvriendin van my was baie goeie vriende met JP.  Na skool het elkeen sy eie pad gestap en 13 jaar later het ons paadjies weer vir die 1ste keer gekruis.  JP het my genooi op 'n koffie date en nie lank daarna op die 2de……. en soos hulle sê, the rest is history.....

​

-soos vertel deur die pragtige bruid.

Die Groot Vraag:

Op 'n dag bel my vriendin en vind uit of ons nie vir 'n naweek by hulle wil kom kuier nie, dan bederf ons, ons beterhelftes met 'n lekker piekniek by Jakkelsvlei. Dis sommer n briljante idee. Die naweek het aangebreek en ons is oppad na Jakkelsvlei (geen idée van wat nog oppad is nie). Daar aangekom en so stap ons na plekkie onder die bome, langs 'n dam met die mooiste uitsig oor die wingerde waar daar vir ons 'n lekker piekniek mandjie lê en wag. Wow!! So spandeer ons 'n geruime tydjie daar (JP wat toe op daardie stadium baie meer senuweagtig voorkom en wou net langs en by my wees, en nie die omgewing geniet nie). Ek kon nie regtig verstaan wat aangaan nie want dit is nie van nature hoe hy is nie, maar sprake van ring, verloof het nooit eers by my gekliek of geregistreer nie. Net toe ek weer wil pad vat om bietjie meer van die omgewing en asemrowende uitsig te geniet en in te neem toe vat JP my aan die arm en begin op sy senuwees vir my al hierdie liefies goedjies te sê wat my toe eers laat kliek wat oppad is.  Binne n paar sekondes is hy op sy regter knie, ring in die hand besig om die GROOT vraag te vra. Ek was amper heel stomgeslaan, want dit was die heel laaste gedagte wat by my opgekom het.  En natuurlik was die antwoord ja, hoe dan anders. JJJJ………en so was dit die begin van die res van ons lewens saam. 'n Dag vol verrassings wat nie gou vergete sou word nie.

​

-soos vertel deur die pragtige bruid.

_DSC8089.JPG
_DSC8158.JPG
bottom of page