top of page

Sy storie​

Ek het haar die eerste keer op Instagram gesien…en was haar grootse follower.

Eendag het sy ‘n foto van haar geplaas waar sy alleen eet. Ek het die kans gevat en ‘n boodskap gestuur. Net om ‘n bloutjie te loop.

Dan stap ek eendag by goeie vriende se huis in en daar staan sy! En in plaas van my beste pick-up line sê ek als wat ek NIE moet sê nie. Needless to say...dit was tickets met my.

Maar net voor ek heeltemal moed sou opgee ontmoet ons weer by ‘n atletiek byeenkoms. So tussen afsitte en uitvange deur het ek flikkers gegooi soos nog nooit. Maar sy het my nie eens raakgesien nie.

Nie lank daarna het ek eendag by die skool in haar vasgeloop en al wat ek kon uitkry was: “Wat maak JY hier?”

​

Haar storie​

Ek het nog nooit soos ander jongmense gehou van uitgaan en kuier nie. Net soms het ek saam my sussie of ouers gaan kuier.

Op een so dag het ek saam my ma en pa na haar vriendin se verjaarsdag gegaan. En terwyl ek eenkant met my glasie water staan sien ek ‘n groep jong mense wat lekker kuier en lag.

Dan skielik vra een: “Gooi jy darem bietjie ys by jou water?” Ek was so skaam en soort van embarrassed dat ek nie eers opgekyk het nie. Ek het maar buite by die ander gaan sit.

Ek het nie sommer maklik in iemand belanggestel nie, maar ‘n oulike outjie by ‘n atletiekbyeenkoms het eendag my hart laat vinniger klop. Ek was skoon verlief met die eerste oogopslag, maar te skaam om bietjie te flirt.

Die jaar daarop het ek ‘n onderhoud by Laerskool Gerrit Maritz gekry, en baie opgewonde en senuagtig daar opgedaag.

Om dit erger te maak is die eerste persoon in wie ek vasloop nie baie vriendelik nie. “Wat maak JY hier?” vra hy...

 

​

3 Jaar later het ek die antwoord. Ek is hier om met jou te trou.

En nou gooi hy self ysies by my water...

bottom of page