Marais & Marzel
17 April 2021
Kliek eers hier
Marzel se weergawe –
My idee van my trou man was natuurlik ʼn stadsjapie, met ʼn baie professionele beroep in die hartjie van Pretoria. Maar ek het nie geweet dat Jesus my nog aan veel meer mense wou voorstel nie. In 2018 my finale jaar op universiteit ontmoet ek vir Marais die heel eerste keer by Fine Things (natuurlik saam Annerie en Hesli). Ek het glad nie belang gestel aan hierdie boertjie nie. Maar so het ons toe eintlik begin vriende word. Sonder dat ek dit agter gekom het, was Marais altyd daar gewees om my te help – want in my kop is daar so iets soos beste vriende en vriendinne (laat Marais maar eerder self Die Hoender en Jakkals storie vertel). En kom ons se net dat hierdie vriendskap toe teveel koffies en alleen kuiers gehad het. Op 25 September 2019 word ek Marais se meisie, en op daardie dag het ek besef dat hierdie my maatjie was wat Jesus my aan wou voorstel.
Marais se weergawe –
Ek en Marzel het ontmoet deur vriendinne wat ons voorgestel het in 2018, daarna was ons vir ʼn jaar goeie vriende. Met heelwat “koffie dates” en ʼn paar duisend kilometers in die bakkie tussen naweek wegbreke en kuiers saam vriende het ek geweet my beste vriendin gaan my vrou word. Met die eerste fase van vlak 5 “lockdown” was daar net een oplossing, en dit was om dit saam aan te pak. Hierdie tydperk het my laat besef dat die groot vraag dalk baie vinniger gevra sou word as wat ek beplan het. En op 18 Julie 2020 antwoord my beste maaitjie JA om veraltyd saam my te wees.