DIT IS DIE TROUE VAN
Charlise + Bernard
Twee lewens, twee harte, twee siele word een. Dit is met blydskap en vreugde dat ons,
CHARLISE
dogter van Pierre en Wilna
en
BERNARD
seun van Pieter en Marthli
jou nooi om te kom deel in hierdie kosbare oomblik.
Saterdag, 14 September 2024
om 15h00
​
Atila Trust Farm
Bonnievale
​
RSVP asb teen 15 Junie
deur op die knoppie hier onder te kliek
die
GROOT DAG
is amper hier...
AKKOMMODASIE
Daar is nog plek vir 27 mense op die venue. Die bespreking daarvan is op ‘n “first come first serve” basis, andersins is daar ander akkommodasie naby aan die venue.
​
Die kostes beloop R485 per person per aand op die venue.
​
NB! as jy op die venue wil slaap moet jy die Vrydag en Saterdag bespreek en betaal.
Kontak asseblief vir Bernard (083 635 0562) om ‘n kamer te kies en te betaal.
​
Ons stel ook die volgende voor:
Drecaso
Epos adres: info@drecaso.co.za
Kontaknommer: 087 238 3944
Website: https://www.drecaso.co.za
​
Kampala
Epos adres: bookings@kampalafarm.com
Kontaknommer: 082 877 3226 (Lizelle)
Website: https://www.kampalafarm.com
fyner
DETAILS
Kinders en metgeselle alleenlik per uitnodiging.
GEEN “PLUS ONES” OF KINDERS SONDER UITNODIGING/REELING MET BRUID EN BRUIDEGOM.
​
Daar is GEEN KAARTFASILITEITE by die venue nie slegs ‘n KONTANTKROEG.
KROEG SAL BESKIKBAAR WEES OP DIE VRYDAG EN SATERDAG.
Asseblief onthou kontant.
​
Daar is ook GEEN WiFi op die venue die.
IDEE
Om vir jou by ons troue te hê is die beste geskenk
wat ons voor kan vra, maar sou jy nog iets wou bydra,
sal ons ‘n geldjie vir ons wittebrood opreg waardeer.
geskenk
You’re my person, forever.
skedule vir die
NAWEEK
Vrydag aand Braai:
Almal is welkom om saam met ons partytjie te hou by Atila Trust Farm en mense te leer ken. Kontantkroeg sal oop wees. Jy is welkom om jou eie drankies te bring vir die braai. Vleis en slaai word voorsien! Die vuur sal 17:00 aangesteek word en die kuier eindig wanneer jy gaan slaap!
​
Saterdag:
​
Geen ontbyt word voorsien nie.​
​
Die seremonie begin om 14:30 vir 15:00 by die Kapel op die venue. Daarna volg die Canapés waartydens die kontant kroeg oop sal wees. Let wel daar is geen kaart fasilitiete by die kroeg nie.
Die canapés begin om 16:00 en die onthaal begin 17:30. Die venue sluit 01:00 am.