top of page
3d5b04ec00f3a76b938f4ab2da839023.png
3d5b04ec00f3a76b938f4ab2da839023 - Copy.png

Ons Storie

As twee harte bedoel is om saam te wees, maak nie saak hoe lank, hoe vêr of hoe moeilik dit is nie, sal God hul saambring om verewig hul liefde te deel …… Hul was albei nog bloedjonk en mooi (natuurlik is ons nogsteeds mooi, knipoog Chris) Chris het 'n bestuurspos by 'n bekende kettingwinkel in die mall beklee en Annécke het daar vir n onderhoud vir 'n vakansie werk gegaan. Baie teruggetrokke en beskeie het Annécke die trappe na bo gegaan terwyl Chris en 'n kollega terselfde tyd oppad ondertoe was – hul oë het mekaar vlugtig ontmoet (Annécke min wetend dat Chris deel sou wees van die onderhoud en aanstelling) en met 'n glimlag en selfversekerdheid het Chris vir sy kollega gese “daai gaan eendag my vrou wees” Nodeloos om te se dat Annécke toe die werk gekry het! Weke later het hul begin saamkuier, maar jonk en onervare het hul vriendskap net n paar maande geduur en is albei jare later getroud en twee kinders elk by vorige huweliksmaats. Maar wat vir ons bestem is sal altyd op die regte tyd gebeur, glo Annécke . Hul paadjies het wel weer gekruis in hul donkerste uur. Annécke sê deur die jare het ons geleer – dit kos hartseer om vreugde te waardeer , donderstorms om n reënboog raak te sien, donkerte om lig te erken en my hand in syne met God as ons Leidsman en lig op ons pad want saam is ons beter as alleen!

 

'n driedubbele tou breek nie maklik nie!

ons Gunsteling foto's

bottom of page