top of page

RUAN & BRONWYN

Liefdesverhaal

Die Ontmoeting:

 

Ruan het vir Bronwyn die 9 de Maart 2016 ‘n facebook boodskap gestuur. Sonder om mekaar andersins te ken het hulle dadelik begin lekker praat. Ruan het gespog oor hoe hy ‘n eerstejaar is op die universiteit en Bronwyn was graad 10 in Hoerskool Driehoek. Na baie moeilike 3 weke het Ruan op sy witperd(sy Volkswagen Up wat kliphard Dewald Wasserval se CD speel) haar bydie huis kom haal en hulle vir die eerste keer ontmoet. Ironies genoeg was hulle eerste “date” by wimpy in die Vaal mall. Nadat Bronwyn water oor Ruan se foon perongeluk uitgooi, was dit defnetief butterflies van toe af.


Vanaf die eerste “date” was daar sommer baie weer daarna. Min het hulle geweet hul droomdag gaan saam beplan word.

Op die 14de Mei 2016 het hy haar gevra om sy meisie te wees. Van daardie dag af het hulle elke dag ‘n nuwe avontuur saam mekaar enjoy. Van eerste alles tot kar koop.

Die Verlowing:


Na amper 5 jaar saam is daar besluit om weer ‘n “coupleshoot” te doen. Ruan het hier die perfekte geleentheid gesien om Bronwyn te vra om sy vrou te word. Die Saterdag oggend het Bronwyn en Ruan by Die Akker in Potchefstroom gaan ontbyt eet. Later die middag was hulle couple shoot, waar Ruan onverwags op sy een been afgegaan en die hand gevra het. PS. Sover een van die beste dae van hulle lewe. Akker in Potchefstroom gaan ontbyt eet. 

bottom of page