Dezi & Stephan
14.08.2021
Kliek eers hier!
Troetelnaampies wat jy dalk al by hulle gehoor het is "Lief" + "Moose"
MAAK MY VETERS VAS
Deur Jannes Erasmus
ek skree jou naam in die gange van my hart
tot die letters ego in my keel
en my oë verklap van die storie van twee mense wat
mekaar se menslikheid aanvaar
wie se paaie onverwags, onverklaarbaar kruis
‘n hart
word
huis
jy druk ons drome versigtig op die kitaar se nek
‘n toekoms geskribbel tussen lyne
ons flikker soos n toetsbeeld en ons dans
kaalvoet met opgerolde jeans op die maat van
spitsverkeer en ‘n ketel wat kook
een plus een
word een
jy lê vlak in my asem
met jou vingerafdrukke wat ‘n padkaart vorm op my vel
ek dink die kleur van jou oë is ‘n mengsel tussen die hemel en die see
ek vlieg soms in die hemel
ek verdrink gereëld in die see
ons vergelyk mekaar met planete en sterre wat vir mekaar verskiet
wat vergewe tot ons vergeet
wat bid voor ons eet
wat geluk in moments meet
maak my veters vas
want ek sien ek val alweer vir jou
jy is die kilometres in my
wat niemand al ooit verken het nie
vat my hand, dan gaan wys ek jou waar die son in die see verdrink het toe ons kinders was
hou
my
(hand)
net
vas
dan verf ons die wêreld, een smile op ‘n slag
want langs jou wil ek daai wekker net nog 5 minute snooze tot ons altwee laat is vir die wêreld
maar betyds is vir mekaar
Ons Tydlyn
Ontmoet: Begin van Graad 10, 2007
Eerste soen: 13 Julie 2007
Uitgevra (die 2ke keer toe sy sê JA): 20 Julie 2007
Matriek: 2009
Universiteit: 2010 - 2013
Verloof: 14 Februarie 2020 (gelukkig voor lockdown!)
In dieselfde klas op skool, dieselfde gestudeer by Potchefstroom Universiteit. Saam ons vlerke gesprei in Pretoria en nou weer terug in Parys.
In ´n oomblik vir altyd…
Die 14de Februarie 2020 het Stephan Dezi se voete onder haar uitgeslaan. Sy het nie omgegee nie. Die alternatief was immers om geen voete meer te hê nie.
Stephan het haar na die rivier toe gelok met – ja, laat ons dit nou maar sê soos dit was: met ´n jokstorie. Daar was, soos per die opgewekte vertelling van Stephan, ´n krokkedil in die gras langs die rivier. En Dezi moet tog nou net kom kyk.
Die eintlike ongelooflike deel van die storie is nie dat Dezi dit geglo het nie, maar dat sy, huiwerig maar nietemin, agter Stephan aangegaan het. In die gras in, rigting rivier, reg op die skubberige amniotiese landwerweldier af… Maar wat sal mens nou sê? Die liefde is mos positief en solank Dezi saam Stephan kan wees sal sy nie omgee om ´n vet glimlag te sien nie, al is dit vir oulaas!
En mens kan jouself die verligting net voorstel: in plaas van ´n 5m lange halfton-bokvalletjie op vier vlinke knikbeentjies in die sappige groen gras langs die water, wag daar toe ´n ander verrassing:
„Ek het van dag een af geweet jy is die een vir my en ek gaan eendag met jou trou,“ het Stephan begin, op een knieg met ´n ringhouertjie oop voor haar.
Mens kan nie help om te wonder nie. „Van dag een af“? Dit klink ongelooflik, veral as mens weet dat hulle op “dag een” eers 16 was! Maar as mens eers die storie ken…
Dag 1
Dis lekker as jy saam jou pelle wie jy al van kleuterskool af ken agter in die klas kan sit en grap. Dis nie lekker as jy die onderwyser van die spul pelle is nie, en dis beslis nie lekker as jy die nuwe een in die skool is (oor wie tien teen een gegrap word – of so voel dit ten minste) nie!
A stranger, from the outside! OOOHHHH!
Dezi was die nuweling in die klas. En om haar te help om nog erger te voel as wat dit reeds die geval was, het die onderwyser gesê dat sy haarself aan die klas moet voorstel. Sy, op haar senuwees en alleen, heel voor, alleen. Hy, tussen sy pelle, wat heel agter sit en lag.
Natuurlik het sy sy oog gevang. Uiteindelik vars groen grassies na jare en jare se droogte! Maar daar was meer as dit. Daar was ´n deurskynende vonk: kruwelrig en 6m lank. Daardie stoute lag en uitdagende oë het haar gevang...
En skielik was hulle in die middel van ´N OOMBLIK! ´n Vlugtige wimperslag. Die spasie tussen gebeurtenisse wat plek maak vir meer as net tyd.
Dag 2 tot Dag 912,5
Dit is die oomblikke in ons lewens wat die loop van ons weg bepaal.
Stephan het sy kans gesien en die bul by die horings aangepak (ons kan nie nie sê koei by die spene nie, dit sal snaaks klink). Hy het alles gedoen wat hy kon om Dezi syne te maak: hy het haar geterg, haar speels “gewurg”, met peashooters geskiet... En Dezi het ordentlik geval, van haar stoel af! Sy kon nie verstaan hoekom hierdie outjie wat haar in sy ban getrek het en klaarblyklik so gewild was so min van haar hou nie. By die huis het sy gekla en raad gesoek om die situasie te kan verander. Op 20 Julie 2007 was die marteling uiteindelik verby: hulle was amptelik “saam“!
Niemand kon glo dat Dezi en “daai Stephan“ nou ´n paartjie was nie… en niemand kon verstaan dat hy die dinge van gekoekte hare, nat spoegballetjies en, wel, die vloer in liefde kon verander nie. Dit sal seker Stephan se geheim bly.
Feit is, hulle was soos “peas and carrots”: sonder die ander een was hulle net half. Hulle was altyd bymekaar, hulle was in dieseldfe klas, het saam geleer, sport gedoen, take gedoen, rondgerits: 1 + 1 = 1
En dit was só tot hulle met matriek klaar was.
Dag 912,5 – Dag 2372
Dit is van selfsprekend dat hulle saam by die PUK gaan swot het… natuurlik albei B.Comm, hulle was natuurlik in dieselfde klasse, het saam geleer, sport gedoen, werkstukke gedoen en het oral saam rondgerits. 1 + 1 is immers 1!
Dag 2373 – Dag 4611
Hoe kon dit anders gebeur? Saam-saam trek hulle toe na Pretoria. Ongelukkig kon hulle nie meer in dieselfde klas sit nie, maar hulle het plan gemaak. Ook die terugtrek Parys was het hulle net nog enger aan mekaar geheg.
Dag 3612
14de Februarie 2020: Valentynsdag, dag van die krokodil of eerder GROOT-VET-VERLOWINGSRING-dag! Ons kan nie wag om te sien wat Stephan volgende jaar vir Valentynsdag doen nie! Wat ´n fees kan ons vir Januarie 2022 verwag?!
Dag 3613 - Dag 3941
Ons trek nou hier êrens en kan nie meer wag vir die groot dag nie!
Dag 3942 …
Van die eerste dag af het ons geweet dis waar, ons gaan mekaar veraltyd liefhê, al is dit al wat ons doen. Sommige dae was eenvoudige, gewone dae, ander was groot dae. Hulle almal ryg saam om ons liefdestorie te vorm en ons kan nie wag om die res van ons storie saam te leef nie.“ D &S
“Some people wait a lifetime for a moment like this”
Ons Storie
Bruidegom aan bruid
“If I did anything right, it was when I gave my heart to you”
Lief, die dag toe jy in my lewe ingestap het, het ek geweet jy is my trou-vrou. Ek kan nie wag om jou te sien afstap in die kerk en om ons lewe saam as een te begin nie! Dankie dat jy my so onvoorwaardelik lief het en my aanvaar vir wie ek is! Ek is dankbaar dat die Here ons geskaaf en geskuur het om te wees wie ons vandag is. Ek kan nie wag om die mooiste meisie in die wêreld my VROU te noem nie! Lief jou
Die langste wat die bruid en bruidegom mekaar nie gesien het nie, is 10 dae.
Bruid aan bruidegom
My lief, toe ek die dag ‘ja’ gesê het om jou meisie te wees in 2007, het ek geweet jy het my lewe totaal kom verander. Ek is so opgewonde oor ons groot dag! My hart loop oor en ek tel die dae saam met jou af! Ek sien uit na alles wat vir ons voorle.
Dankie vir die amper 13 en n half jaar van saam wees. Jy is ‘n ongelooflike mens met n opregte hart. Dankie dat jy my altyd ondersteun en vir die liefdevolle mens wat jy is. Ek is dankbaar dat ons saam kon groei en saam kon leer van die lewe. Ek het meer waardering en liefde vir jou as wat jy ooit sal weet! My lewe is volmaak met jou daarin.
Ek kan nie wag om die res van ons lewe saam te begin as getroudes nie! Met alles is ek lief vir jou – elke dag net meer
Het jy geweet?
Na meer as 13 jaar trou ons, skool-liefde.
Stephan het die gewoonte om uit Dezi se bord te eet terwyl sy self nog besig is om te eet, net om seker te maak dit proe dieselfde. Wanneer hulle koffie drink, moet hy n slukkie ‘steel'.
Dezi glo hul Mini’s mag nie op grondpad ry nie.
Sy kies altyd Stephan se kant.
Stephan sit altyd sy horlosie op presies dieselfde plek neer.
Hy hou van sy bacon crispy en maak die lekkerste kaassous.