top of page
Nuwe blomme.png

Die gaste skryf...

363212.png

•Dezi en Stephan is soos die sonsopkoms oor ´n stil meer: waar hou die een op en begin die ander een? Hulle is inmekaar gevleg en aanmekaar geheg… hulle is maar net Dezi en Stephan. Ons is so bly saam hulle dat hulle die bekende feit nou amptelik maak! 😊 - Melissa

•Stephan en Dezi is soos vinkel en koljander... waar die een is, is die ander. Was nog altyd so. Hulle vul mekaar aan in alle opsigte. Nog nooit het ek hulle hoor stry of raas nie. Opgee is nooit 'n opsie nie en niks word as vanselfsprekend aanvaar nie. Waar die een los, hou die ander een vas. Hulle is sag met mekaar, maar ook sag met die mense om hulle. Elkeen loop sy lewenspaadjie, maar saam vind hulle die regte rigting. Julle is 'n voorbeeld vir baie. Ons wens is dat jule liefde elke dag sterker sal word en julle elke dag sal dra en ander sal bly inspireer. – Madri

•Wat sê 'n mens vir 'n paartjie wat so lank al saam is? In 13 jaar het julle al 7 sakke sout geëet, het julle al die mooi en lekker asook hartseer en pyn saam beleef. Julle is waarlik die toonbeeld van liefde, omgee en geluk. Julle is soveel van ons se rolmodelle. Geseënd en saamgevoeg deur die Here en 100% gemaak vir mekaar... – Krystle

•Julle is n pragtige paartjie binne en buite en n baie goeie voorbeeld vir baie paartjies! 

Wel, as n verhouding soos goeie rooi wyn sou wees en verbeter met tyd, begin julle huwelik sommer al met die beste bottel wyn met al die jare wat julle al saam is. - Annibé

•Mees opregte vriende in my HELE LEWE. 💕 – Charla

Toe het God gesê: “Dit is nie goed dat die

mens alleen is nie. Ek gaan vir hom n helper maak, ‘n maat wat by hom pas.”

Genesis 2:18

'n Bietjie raad van getroudes

•Ouers van die bruid: “Bly lief vir mekaar, geniet mekaar, praat probleme uit, respekteer mekaar en geniet die lewe SAAM!

“Moenie kwaad gaan slaap nie”. “Moet nooit mekaar afkraak nie en veral nie voor ander mense nie”. “Kuier saam by vriende”, “Maak die Here die rots van julle verhouding”

•Ouers van die bruidegom: “Bid altyd vir mekaar en maak die Here nommer 1 in julle huwelik”, “Wedersydse respek is belangrik en om mekaar se gevoelens in ag te neem”, “Wees bedag op mekaar se behoeftes en waardeer mekaar se opofferings”, “Luister na mekaar, dra mekaar se laste en bied wedersydse ondersteuning”,”WEES LIEF VIR MEKAAR”

•Melissa en Marius: Dit wat kosbaar is behandel mens met sorg. Jy koester dit, knap dit op, poleer dit as die glans begin verblas. Die huwelik is kosbaar. Plaas mekaar en julle verhouding eerste, kommunikeer in liefde en met waardering vir mekaar en neem die moeiliker dinge met ´n knippie vriendelike humor!

•Annibé en Juan:

1. Moet nooit ophou beste vriende wees nie. 

2. Raadpleeg die Here voor elke groot besluit🌸

•Krystle en Erich: When your wife says "WHAT?!" It's not because she did not hear you.....She is just giving you a chance to change what you said A good marriage is not something you find, it is something you make and you have to keep on making it

•Madri en James: Marriage isn’t 50/50, divorce is 50/50

•Christaan en Charla:

Praat met mekaar.

Wat sê die Skoonouers?

•Skoonma/pa aan bruid: Dezi ondersteun Stephan 100%, van saam stap en sak dra vir gholf tot biologie opsommings doen na die lekker stap op die gholfbaan. Dezi het voorwaar in Stephan se hart ingestap om te bly, en daarvoor is ons as ouers só dankbaar. Dezi is die beste voorbeeld van netheid, goeie maniere, morele waardes, respek vir ander, geduld asook liefde vir haar eie familie, skoonfamilie en vriende. Dezi, dankie vir die spore wat jy in ons hele familie se lewe getrap het.

•Skoonma/pa aan bruidegom: Stephan is vol planne, slim, gemotiveerd en staan op vir die wat reg is. Hy tree beskermend op teenoor Dezi en sy liefde vir haar is sigbaar uit sy optrede teenoor haar. Die wedersydse respek is baie prominent. Hy is gedissiplineerd en het goeie sedes en waardes. Ons is dankbaar om hom na meer as 13 jaar offisieël as ‘n seun in ons familie te verwelkom.

bottom of page