top of page

Zack noem vir Carmen “My vroutjie” & Carmen noem vir Zack “Manlief”

'n Lekker Wenresep:​

​

Koekie & Roomys Room Tert

​

Bestanddele:

Bedien 8

  • 20 Sjokolade Oreos koekies

  • 1 koppie(170 g) sjokolade gesmelt

  • 1 3/4 roomys versag

Instruksies:

 1- Plaas die koekies in ‘n sak en breek dit totdat dit fyngedruk is.

 2- Plaas die koekies in ‘n 23cm –tertbak.

 3- Strooi die versagde roomys bo –oor die koekies.

 4- Bedek dan met die gesmelte sjokolade.

 5- Vries die tert vir 4 ure tot die roomys verhard.

 6- Geniet!

IMG_5063.jpg

Ons Storie

Zack en Carmen het mekaar twee jaar terug vir die eerste keer by ‘n kuier ontmoet. ‘n Paar maande later het die twee kontak gemaak.

 

Zack het oog op slag op Carmen verlief geraak en byna drie keer haar gevra om sy meisie te wees en sy het “hard to get” gespeel en nee gesê. Nadat Carmen die kat goed uit die boom uit gekyk het, het sy besef dat sy graag in 'n verhouding  saam met hom wou wees. Op 24 Desember 2020 besluit die tweetjies om dit offisieël te maak.

 

Carmen het die 12de Maart 'n fotosessie vir haar en Zack, buite Parys gereel tussen die sonneblomme, min het sy geweet dat Zack daardie dag die groot vraag gaan vra.

 

Zack stuur vir Carmen in die land in, en sê dat dit vir ‘n foto is. Zack  noem toe aan die fotograaf dat hy vir Carmen vandag gaan vra om te trou. Kort daarna skink Zack op sy knie vir hom en Carmen ‘n glasie sjampanje, haal die ring uit sy sak uit en vra vir Carmen om met hom te trou.

 

Alhoewel Carmen heelwat omkant gevang was, het sy nie gehuiwer om “ja” te se nie!

 

So lê daar vir die twee ‘n nuwe hoofstuk voor.

“Marriage, like a garden, take time to grow. But the harvest is rich unto those who patiently and tenderly care for the ground.” –Darlene Schacht

IMG_5069.jpg
IMG_5212.jpg
IMG_5246.jpg
pngfind.com-sunflower-frame-png-4617170.png
pngfind.com-sunflower-frame-png-4617170.png
bottom of page